27 dood in reuse motorbomontploffing in Ankara

27 dood in reuse motorbomontploffing in AnkaraMinstens 27 mense is dood en meer as 70 mense beseer. Foto: channelnewsasia.com

Minstens 27 mense is gisteraand in ‘n reuse motorbomontploffing in die Turkse hoofstad, Ankara, dood.

Volgens die kantoor van die goewerneur van die stad is meer as 70 mense beseer.

Ooggetuies sê die ontploffing het naby ‘n busstasie voorgekom.

In Oktober verlede jaar is meer as ‘n honderd mense dood in ‘n dubbele selfmoord­-bomaanval tydens ‘n Koerdiese vredesbyeenkoms in Ankara.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This