POTGOOI: PLAN OM KAMPUSGEWELD TE VOORKOM

Rosestad 100.6 Brandpunt voorkomingsplanRosestad 100.6 Brandpunt voorkomingsplan

Drie van die sewe universiteite en kolleges wat AfriForum Jeug wou betrek by sy plan om kampusgeweld te voorkom, stel nie belang nie.​

Professor Johannes Froneman — woordvoerder van die vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, professor Dan Kgwadi — het aan Beeld gesê dit is heeltemal onaanvaarbaar om die universiteit se kampusse met private veiligheidsmense te mili­tariseer.​

Hy sê Kgwadi is geheel en al teen AfriForum Jeug se plan gekant.​ Die woordvoerder van die Universiteit van Pretoria, Nicolize Mulder, sê die universiteit het volle vertroue in die manier waarop sy departement van veiligheidsdienste en sy gekontrakteerde diensverskaffers die veiligheid van die personeel en studente voorop stel.

Die Elsenburg-landboukollege het te kenne gegee dat hy die plan verwerp, aangesien bykomende veiligheidspersoneellede aangestel en toegangsbeheer verbeter is.​

Die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, Henk Maree, sê hulle wil sover moontlik met kampusse saamwerk en sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie.

Anton Smith het met Maree gesêls:Radio Rosestad 100.6FM Potgooi

Anton Smith
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This