3 IN HOF VIR MOORD OP BEJAARDE EGPAAR

3 IN HOF VIR MOORD OP BEJAARDE EGPAAR

Die verhoor van drie mans wat van die moord op die 72-jarige Toon Swanepoel en sy 79-jarige vrou, Rienie, aangekla is, het vandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof begin.

Die egpaar is op 11 Januarie in hulle huis op ’n hoewe in Bainsvlei buite Bloemfontein oorval, na bewering ure lank gemartel en later by ’n ou braaiplek langs ’n murasie met hulle eie vuurwapen doodgeskiet.

Fana Ntshudi, Jacobus Bitterbos en Jackie Louw, almal van Bainsvlei, het die plek waar die Swanepoels geskiet is, die volgende dag aan die polisie uitgewys.

Slegs ’n TV-stel, beskuit en drank is glo gesteel.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This