3 vermiste Life Esidimeni-pasiënte gevind

3 vermiste Life Esidimeni-pasiënte gevind

Drie van die 62 pasiënte wat vermis geraak het nadat hulle in 2016 vanaf Life
Esidimeni-instellings verskuif is, is opgespoor.

Die DA se Jack Bloom sê die pasiënte is opgespoor in die Mosego-tehuis op Krugersdorp.

Mosego is een van verskeie NRO’s wat oop gebly het ná die skandaal wat die lewens van meer as 144 geestesongestelde pasiënte geëis het, nadat hulle na ongelisensieerde instellings verskuif is.

Die instellings is toegelaat om oop te bly nadat hulle appèl aangeteken het teen die besluit van die ombudsman.

Bloom sê die Gautengse gesondheidsdepartement het verlede jaar onderneem om alle Esidimeni-pasiënte uit NRO’s te verwyder, maar die drie pasiënte by Masego is skynbaar oorgesien.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This