3 voormalige SA polisiebeamptes op borgtog vrygelaat in Ghana

3 voormalige SA polisiebeamptes op borgtog vrygelaat in Ghana

Drie voormalige Suid-­Afrikaanse polisiebeamptes is in Ghana op borgtog vrygelaat nadat hulle na bewering opleiding verskaf het aan mense wat by terreurdade betrokke is.

Die departement van Internasionale Betrekkinge se woordvoerder, Nelson Kgwete, sê hy weet nie waarvoor hulle aangehou is nie.

Volgens internasionale mediaberigte is majoor Ahmed Hazis, adjudant-­offisier Denver Naidu en kaptein Mlungiseleli Jokani Sondag in hegtenis geneem omdat hulle personeel van die New Patriotic Party se presidentskandidaat, Nana Akufo-­Addo, opgelei het.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This