3 vroue-aanbieders by eNuus bedank

3 vroue-aanbieders by eNuus bedank

Die bedanking van drie vroue-­aanbieders by eNuus in die afgelope maand is glo die regstreekse gevolg van ‘n geboelie deur veral twee senior bestuurslede.

Anina Peens, ’n eNuus­-ankeraanbieder en -­joernalis, eNuus­-aanbieder Jenna-Leigh Bilong en Limari Louw, ook ’n eNuus-­aanbieder en ­-nuusskrywer, het almal hul tasse gepak.

Almal hou persoonlike redes voor vir hul bedanking, maar Netwerk24 het betroubare inligting bekom wat die bedankings as regstreekse gevolg van ‘n outokrate bestuurstyl beklemtoon.

Anton Harber, hoofredakteur van eNCA, het bevestig groot veranderinge en personeelskuiwe is by eNuus aan die kom, maar wou geen woord rep oor die bedankings nie.

Hy het wel gesê die nuus oor die veranderinge sal in die volgende paar dae bekend gemaak word.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "3 vroue-aanbieders by eNuus bedank"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This