3 Vrystaatse munisipaliteite se krag deur Eskom ontkoppel

Drie sukkelende Vrystaatse munisipaliteite se krag gaan glo van môre tot 24 Julie by tye oor wanbetaling deur Eskom afgeskakel word.

Netwerk24 berig drie munisipaliteite is Tokologo (Dealesville, Boshof en Hertzogville), Masilonyana (Brandfort, Winburg en Theunissen) en Nala (Bothaville, Misgunst en Wesselsbron).

Volgens ‘n woordvoer, Titi Makhetha, is kragonderbrekings na die drie
munisipaliteite op 28 Junie opgeskort nadat hulle voldoende betalings gemaak het.

Volgens ’n afbetalingsooreenkoms moes hulle weer op 13 Julie betaal het, maar dit het nie gebeur nie.

Die kragverskaffer gaan dus die kragtoevoer by tye te ontkoppel.

Dit sal geld van Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 09:00 en van vyfuur tot halfagt saans en op Saterdae en Sondae van half nege soggens tot 12-uur en weer van drie-uur die middag tot sewe-uur die aand.

Eskom kan ná 15 dae se kennisgewing kragtoevoer na die munisipaliteite heeltemal afsny as die skuldsituasie nie verbeter nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé