4 spelers deur KSA geskors

4 spelers deur KSA geskors

Vier spelers, waaronder ‘n nasionale speler, is deur Krieket Suid-Afrika vir tussen sewe en 12 jaar uit alle krieketbedrywighede geskors omdat hulle KSA se teenkorrupsie-kode oortree het.

Hulle is die voormalige Proteas-paaltjiewagter en kaptein van die Lions, Thami Tsolekile, wat vir 12 jaar geskors is, Jean Symes en Pumelela Matshikwe – ook voorheen van die Lions – en Ethy Mbhalati voorheen van die Titans.

Dit volg nadat die gewese Proteas-, Lions- en Titans-speler, Gulam Bodi, in Januarie vanjaar vir 20 jaar geskors is omdat hy probeer het om wedstryde in verlede jaar se Ram Slam T20-uitdaagreeks te beknoei.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "4 spelers deur KSA geskors"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This