442% VERHOGING VAN ONREËLMATIGE BESTEDING DEUR GESONDHEID VERSTOM

Rosestad 100.6 Onreëlmatige besteding deur Gesondheid verstom

Onreëlmatige besteding deur departemente van gesondheid in die land het met die afgelope geldjaar met 442 % toegeneem.

Die Ouditeur-generaal het vandag bekend gemaak dat R 5 miljard  deur die regering se gesondheidsektor in dié tydperk onreëlmatig bestee is.

In die Vrystaat het die provinsiale departement van gesondheid R 328 miljoen se onreëlmatige en R 7,9 miljoen se vrugtelose uitgawes aangegaan.

Die DA se skaduminister vir Gesondheid, Heinrich Volmink, sê die party sal versoek dat die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge,Skoor, ondersoek instel na die OG se bevindinge.

Luister Potgooi:

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This