5 beseer toe voetgangerbrug intuimel

5 beseer toe voetgangerbrug intuimelFoto: EWN

Die minister van Vervoer, Joe Maswanganyi, sê die voetgangerbrug wat gisteroggend oor die N3-hoofweg aan die Gautengse Oosrand ingetuimel het, is verlede jaar inspekteer en veilig verklaar.

Hy het vanoggend die toneel besoek op die Geldenhuys-wisselaar.

Vyf mense is beseer toe die puin vier voertuie getref het.

Die hoofweg is intussen heropen terwyl ‘n span kenners die voorval ondersoek.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This