506 werknemers het vanjaar by Sars bedank

TESOURIE ONTKEN ONDERSOEK NA GEHEIME EENHEID BY SARS

Altesaam 506 werknemers het vanjaar by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
bedank.

Die DA het die inligting bekom na ‘n vraag in die Parlement en sê dit
beteken dat die Ontvanger sedert Januarie 128 grade en byna sewe en ‘n half
duisend jaar se ervaring verloor het.

Volgens woordvoerder Alf Lees bevestig dit dat die SAID besig is om ten gronde te gaan onder kommissaris Tom Moyane en sê ernstige ingryping kan nie langer uitgestel word nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This