6 mans, 1 vrou in hof vir verkragting, moord op vrou, susterskind (6)

6 mans, 1 vrou in hof vir verkragting, moord op vrou, susterskind (6)

Ses mans en ’n vrou sal vandag in die hooggeregshof in Grahamstad gevonnis word vir die verkragting en moord op ’n vrou en haar susterskind byna twee jaar gelede in Hankey naby Port Elizabeth.

Hulle is Vrydag skuldig bevind op aanklagte van moord, verkragting, brandstigting, huisbraak en regsverydeling.

Die verkoolde lyke van die 41-jarige Claudia Antonie en haar susterskind, die sesjarige Lukishia Plaatjies is op 3 Augustus 2014 in ’n brandende huis in Hankey aangetref.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This