7 hoërskoolleerlinge dood na die gebruik van dwelms

7 hoërskoolleerlinge dood na die gebruik van dwelms

Sewe hoërskoolleerlinge is in KwaZulu­-Natal dood nadat hulle `n vorm van Ecstasy, bekend as “Mercedes”, by ‘n partytjie op KwaMashu noord van Durban gebruik het.

Meer as 30 ander kinders is in die hospitaal opgeneem waar sommige nog behandel word.

`n Woordvoerder van KwaZulu-­Natal se departement van maatskaplike ontwikkeling het `n beroep op ouers gedoen om beter na hul kinders te sien en uit te kyk vir die gevaartekens van dwelms.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This