7kg renosterhoring by lughawe gekonfiskeer

7kg renosterhoring by lughawe gekonfiskeer

Doeane-beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sewe kilogram renosterhoring by die OR Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark onderskep en gekonfiskeer.

SAID-woordvoerder Sandile Memela sê agt stukke renosterhoring, wat in foelie toegedraai was, was in ‘n boks met pakkies lekkergoed en sjokolade versteek en is by die doeane as teesakkies verklaar.

Die besending was bestem vir Hongkong via Doha in Katar.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This