Aanklagte van geldwassery, korrupsie teen Bank van Baroda ingedien

Nog 'n bank sluit rekeninge van Gupta-maatskappye

Die DA het vanoggend aanklagte van geldwassery en korrupsie teen Indië se
Bank van Baroda ingedien, nadat ʼn verslag van die Georganiseerde Misdaad en Korrupsieprojek onthul het dat die bank glo doelbewus geldwassery namens die Gupta-familie uitgevoer het.

Die opposisie se Natasha Mazzone sê die Guptas vorm die middelpunt van staatskapingbewerings, en dié bewerings moet daarom deeglik ondersoek word.

Sy sê die DA sal seker maak dat indien die bank wel willens en wetens gehelp het met die ongewettigde vloei van geld vanaf semistaatsinstellings na Gupta-rekeninge, hulle tot verantwoording geroep sal word tot die volle omvang van die reg.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This