Abrahams ontken dat die Vrystaatse suiwelplaas-arrestasies vertraag word

Aansoek om Abrahams uit sy pos te verwyder

Die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shaun Abrahams, het die
beskuldiging deur die waarnemende hoof van die Valke, Yolisa Matakata, ten
sterkste ontken dat die NVG die arrestasie van die verdagtes wat betrek word by die Guptas se Estina-suiwelplaasskandaal vir maande vertraag het.

Tydens sy verskyning voor die parlement se portefeuljekomitee oor justisie, korrektiewe dienste en die polisie vandag, het Abrahams gesê die vertraging is veroorsaak deur onafgehandelde kwessies.

Abrahams sê die NVG wil aansoek doen om die uitlewering van sekere verdagtes wat by die staatskapingsaak betrek word en tans oorsee is, maar daar is uitdagings.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This