Absa skenk R10 miljoen aan UV

Absa gaan die week R10 miljoen  aan die Universiteit van die Vrystaat skenk as deel van ’n beursprogram om toegang tot tersiêre onderrig vir verdienstelike behoeftige studente moontlik te maak.

Die vise-kanselier en rektor van die universiteit, professor Francis Petersen, sê dit is ’n lofwaardige inisiatief wat wys hoe sake-ondernemings akademiese instellings kan help om geleenthede vir jong mense te skep.

Studente in huishoudings met ’n gesamentlike bruto inkomste van hoogstens ‘n miljoen rand per jaar, en ’n gemiddelde akademiese prestasie van 55% of hoër, mag aansoek doen.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This