Acsa reeds besig met die hernoeming van die Kaapstadse Internasionale Lughawe

Acsa reeds besig met die hernoeming van die Kaapstadse Internasionale Lughawe

Die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika, of Acsa, het vroeër gesê hulle is
reeds besig met die hernoeming van die Kaapstadse Internasionale Lughawe na die Nelson Mandela Internasionaal, ten spyte van oproepe dat sy voormalige vrou vereer moet word.

Die EFF-leier, Julius Malema, het tydens Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis Saterdag gesê dat indien die ANC vir haar omgegee het, moes die lughawe hernoem word tot die Winnie Mandela Lughawe.

News24 berig Acsa sê die minister van Vervoer, Blade Nzimande, het hulle verlede maand opdrag gegee om met die hernoemingsproses te begin.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This