Adjudantoffisier van die Valke op borgtog vrygelaat

ʼn Adjudantoffisier van die Valke is in die Mbombela Landdroshof in
Mpumalanga op borgtog vrygelaat, nadat hy deur sy eie kollegas in hegtenis geneem is.

Die 53-jarige Petrus Nkosi, word aangekla van sameswering om in 2015 ʼn
transitorooftog te pleeg asook gewapende roof, geldwassery, dwarsboming van die gereg en die ongemagtigde gebruik van ʼn staatsvoertuig.

Die saak is uitgestel tot môre.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This