Afriforum gaan voort met saak teen Grace Mugabe

Grace Mugabe sê Gabriella Engels het háár aangeval

Die burgerregteorganisasie Afriforum sê hy is steeds van voorneme om ‘n saak van aanranding teen die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe voort te sit en haar diplomatieke immuniteit in die hof te betwis.

Die woordvoerder van Afriforum, Willie Spies het gereageer op berigte dat Mugabe in ‘n verklaring aan die Suid-Afrikaanse polisie ontken het dat sy die model, Gabriella Engels met ‘n elektriese kabel aangerand het.

Sy beweer verder dat sy self die slagoffer van ‘n aanrandingspoging was.

Spies sê Mugabe se politieke immuniteit moet in die hof beveg word.

Die DA het ook met regstappe teen Mugabe se politieke immuniteit begin.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This