Afrikanerbond ook by optrede teen SAUK

Afrikanerbond ook by optrede teen SAUK

Die Afrikanerbond gaan hom ook voeg by diegene wat optrede teen die SAUK eis oor die inperking van vryheid van uitdrukking deur die kwessie met die Menseregtekommissie op te neem.

Die Afrikanerbond het die kommissie gevra om die openbare uitsaaier se redaksionele beleid en besluite teen die handves van menseregte te toets.

Die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman, het in ‘n brief aan die Menseregtekommissie gesê met die munisipale verkiesing in gedagte is die sensuur van nuus en die skorsing van SAUK joernaliste ’n bron van kommer  vir enigiemand wat die grondwet  onderskraag en grondwetlike demokrasie bevorder.

Bosman het vroeër gesê dit word toenemend duidelik dat die SAUK vanuit die ANC-hoofkwartier, Luthuli Huis, in Johannesburg bestuur word.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Afrikanerbond ook by optrede teen SAUK"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This