Sowat 20 van die vernaamste tradisioneel Afrikanergroeperings wil met president Jacob Zuma oor die toenemende rassespanning in Suid-Afrika praat.
Netwerk24 sê onder hulle is die FW de Klerk-stigting, Solidariteit, AfriForum, die FAK, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, AgriSA, die ATKV, die Afrikanerbond en Fedsas.
Die vakbonde, kerke, sakelui en organisasies uit die burgerlike samelewing sê in ‘n gesamentlike verklaring hulle is bekommerd oor die gevolge van woede en vrees en die impak daarvan op rasseverhoudinge in Suid-Afrika.
Hulle verwerp ook rassisme onomwonde en waarsku dat die uitbuiting van rassisme vir politieke doeleindes uiters gevaarlik is.