Ajay Gupta het skrywe aan Parlement gerig

GUPTAS GAAN HOFDOKUMENTE INDIEN

Een van die Gupta-broers, Ajay, het ‘n skrywe aan die Parlement gerig waarin hy die geleentheid eis om op bewerings van Eskom se voormalige maatskappysekretaris, Suzanne Daniels, te antwoord.

Daniels het reeds getuienis afgelê voor die Komitee oor Openbare Ondernemings wat ondersoek doen na Eskom.

Gupta het twee prokureursbriewe wat nie onderteken is nie, by die Parlement ingedien.

Hy bevraagteken Daniels se getuienis dat sy ‘n vergadering met hom en die Adjunkminister van Openbare Ondernemings, Ben Martins, in Johannesburg gehad het.

Intussen het Martins laat blyk dat dit wat hom betref onnodig is dat hy voor die parlementêre portefeulje komitee oor Eskom verskyn.

Die komitee het onderneem om hom te dwing om voor hulle te verskyn. Martins, wat vandag sou verskyn het, het aan die komitee geskryf dat hy eers twee dae voor sy verskyning die uitnodiging ontvang het.

Hy voer aan dat hy nie hoef te verskyn nie, omdat hy `n geskrewe voorlegging ingedien het.

Hy het vroeër aan die komitee geskryf en gekla oor partydigheid en dat hy nie `n kans gegun word om sy saak te stel nadat hy deur Daniels betrek is nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This