Amerika se Iran-besluit kan Suid-Afrika benadeel

ʼn Ekonoom glo dat president Donald Trump van die VSA se besluit om te onttrek uit ʼn ooreenkoms met Iran ook politieke gevolge vir Suid-Afrika sal hê.

Verlede week het die VSA aangekondig dat hy gaan onttrek uit die ooreenkoms oor die Gesamentlike Omvattende Aksieplan en ekonomiese sanksies teen Iran herinstel.

Hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê Trump se skuif sal ʼn uitwerking hê op politieke en internasionale betrekkinge.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé