ANC in die Vrystaat benoem Dlamini-Zuma as sy presidentskandidaat

Die ANC in die Vrystaat het die eerste provinsie geword om Nkosazana Dlamini-Zuma te benoem as sy kandidaat om president Jacob Zuma op te volg as president van die party.

Sy is ook benoem deur die ANC se Jeugliga en Vroueliga.

Vrystaatse ondersteuners van adjunkpresident Cyril Ramaphosa, wat die onverwagte provinsiale hoofraadsvergadering op Parys geboikot het, dreig om regstappe te doen teen die provinsiale uitvoerende komitee omdat hulle net 24 uur voor die tyd ingelig is oor die vergadering.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This