ANC-jeugliga: “Steve Hofmeyr is ‘n rassis”

ANC-jeugliga: "Steve Hofmeyr is 'n rassis"Lede van die ANC-jeugliga het gister in Ermelo betoog. Foto: Netwerk24

Die ANC-jeugliga in Ermelo het Donderdag betoog teen die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se optrede op die Hoëveld-landbouskou omdat hy na hul mening ‘n rassis is.

James Castro, streeksekretaris van die ANC-jeugliga, het by die protesoptog gesê Hofmeyr is dalk welkom in Orania, maar nie in Ermelo of die Gert Sibande-distrik nie.

Volgens Castro is Hofmeyr ‘n rassis en maak hy geen geheim daarvan nie.

Die jeugliga is ook omgekrap omdat hy glo van plan is om Die Stem tydens sy optrede te sing.

Netwerk24 berig ’n memorandum is aan die skoukomitee oorhandig waarin hulle eis dat Hofmeyr se optrede gekanselleer word.

Willie Jacobsz, voorsitter van die skoukomitee, het gesê Hofmeyr sal wel optree.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This