ANC-komitee vergader oor belangrike kwessies

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat op Irene buite Pretoria vergader, sal na verwagting vandag begin om belangrike kwessies te bespreek.

Die vergadering het gisteraand begin, maar administratiewe sake is bespreek.

Daar word bespiegel dat van die N.U.K-lede gaan vra dat pres. Jacob Zuma herroep word maar sy ondersteuners sal waarskynlik probeer verhoed dat die saak bespreek word.

Opposisiepartye in die ANC beheerde Madibeng-munisipaliteit in Noordwes wat Brits en Magaliesburg insluit, het intussen die munisipaliteit se begroting van byna R2,6 miljard verwerp.

Die EFF het uit die vergadering gestap omdat die kennisgewing vir die vergadering, volgens hulle te laat uitgestuur is.

Die munisipaliteit is een van verskeie wat deur wanbestuur gekenmerk word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This