“ANC kort geloofwaardige leiers” – Mkhize

"ANC kort geloofwaardige leiers" - Mkhize

Die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, sê die party het leiers nodig wat sigbare faksies kan verenig en korrupsie kan aanpak ter wille van die land.

Hy het by die Tshwane-universiteit van Tegnologie in Pretoria gesê geloofwaardige leiers behoort na vore te kom uit die party se verkiesingskonferensie in Desember.

Mkhize sê die ANC-parlementslede wat Dinsdag saam met die opposisie gestem het vir die mosie van wantroue in president Jacob Zuma, het interne uitdagings in die regerende party uitgewys wat dringend moet aandag kry.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This