“ANC moet die ruimte gegun word om land te regeer” – Pres. Zuma

"ANC moet die ruimte gegun word om land te regeer" - Pres. Zuma

Pres. Jacob Zuma sê die ANC moet die ruimte gegun word om die land te regeer.

Zuma het die afgelope naweek op die ANC se 104de bestaansjaarvieringe uitgevaar teen opposisiepartye en die media wat volgens hom daarop uit is om die ANC-regering te ontspoor.

Volgens Zuma word dit regoor die wêreld as ’n fundamentele en basiese beginsel van demokrasie aanvaar dat die party wat die verkiesing gewen het die ruimte gegun moet word om te regeer.

Volgens Netwerk24 het Zuma ook gesê opposisiepartye kan nie verkiesings verloor en hoop om die regering te onderbreek en opdragte te gee deur na die howe toe te gaan of die parlement te ontwrig nie.

Netwerk24 berig Zuma moet in Februarie hom in die grondwethof verdedig wanneer die EFF en die DA se Nkandlahofgeding aangehoor word.

In dieselfde week moet hy sy staatsrede in die parlement lewer te midde van dreigemente van die EFF om sy toespraak wéér te ontwrig.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This