ANC vaar uit teen Makhosi Khoza se nuwe party

Makhosi Khoza bedank uit die ANC

Die ANC het sy regspan opdrag gegee om by die Onafhanklike Verkiesingskommissie beswaar te maak teen die kenteken en kleure van sy voormalige parlementslid Makhosi Khoza se nuwe party.

Sy het die African Democratic Change Vrydag bekend gestel en gesê die doel is om die drie groot partye in 2019 se algemene verkiesing uit te daag.

Die ANC beskuldig Khoza daarvan dat sy die regerende party se kleure in haar kenteken gebruik en betoog dat ADEC van plan is om kiesers te verwar wat dit met die ANC vereenselwig.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This