ANC vergader vandag met Guptas op die agenda

Rosestad 100.6 Nuus Zweli Mkhize NUK ANC

Die Gupta­familie en nie pres. Jacob Zuma is blykbaar onder skoot by die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergadering in Pretoria.

ANC se tesourier­generaal, Zweli Mkhize, dit is onaanvaarbaar dat mense wat nie die reg het om ministers aan te stel nie, die indruk wek dat dit in hulle mag is om dit te doen.

Hy het gereageer op die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, se onthulling dat die skatryk Gupta­familie hom ‘n kabinetspos aangebied het.

Die Suid­Afrikaanse Kommuniste­party in Noordwes het intussen gevra dat die Gupta­familie se ANC­lidmaatskap onmiddellik  opgehef word.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader die naweek en na verwagting sal die party die Gupta­aangeleentheid bespreek.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This