ANC veroordeel Shivambu se uitsprake in Parlement

ANC veroordeel Shivambu se uitsprake in Parlement

Die ANC het die opmerkings sterk veroordeel wat die EFF-hoofsweep, Floyd
Shivambu, gister in die Parlement gemaak het.

Shivambu het die Tesourie se adjunkdirekteur-generaal, Ishmail Momoniat, daarvan beskuldig dat hy nie van Afrika is nie en Afrikaleiers in die Tesourie misken.

Die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal, Jesse Duarte, het tydens ʼn televisieonderhoud gesê die opmerkings grens aan uiterste rassisme.

Die Parlement se finansiële komiteevoorsitter, Yunus Carrim, sê Shivambu
het sy mag as parlementslid misbruik toe hy vir Momoniat aangeval het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé