ANC vra regering om brandstofpryse te verlaag of vas te pen

HOëR PETROLPRYSE, INFLASIE EN RENTEKOERSE

Die ANC het ʼn beroep op die Regering gedoen om die brandstofvoorraad aan te vul en om die brandstofheffing vas te pen of te verlaag.

Dit volg ná gister se vyfde prysstyging vir die jaar en waarskuwings oor stygings volgende maand.

News24 berig die ANC sê pryse is op die hoogste vlak ooit wat druk uitoefen op alle fasette van Suid-Afrikaners se lewens.

Die party het ook die Organisasie van Petroleumuitvoerlande gevra om te help om brandstofpryse te verlaag deur die verhoging van olieproduksie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This