ANC in VS gaan konferensie hou in Parys

Nog 'n ANC-lid vermoorFoto: HeraldLIVE

Die ANC in die Vrystaat sal waarskynlik sy provinsiale verkiesingskonferensie op 10 en 11 Desember in Parys hou.

Die besluit is gisteraand deur die provinsiale bestuurkomitee in Bloemfontein geneem.

Die konferensie sou verlede naweek gehou word, maar die Bloemfonteinse
Hooggeregshof het ten gunste van ‘n groep ontevrede lede beslis wat daarteen beswaar gemaak het.

Die groep het aangevoer dat wydverspreide ongerymdhede plaasgevind het by takvergaderings waar afgevaardigdes aangewys moes word.

Cyril Ramaphosa se ondersteuners is glo by die vergaderings uitgesluit.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This