ANC in VS se konferensie is uitgestel

Die ANC in die Vrystaat sê hy sal gehoor gee aan die Hooggeregshof-beslissing dat sy takvergaderings weer moet plaasvind voor ‘n provinsiale konferensie gehou kan word.

Die konferensie is daarom tot volgende naweek uitgestel.

Dit is nog nie seker of dit ‘n invloed het op die provinsiale struktuur se besluit om Nkosazana Dlamini-Zuma te steun as volgende president van die party nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This