Andre’ Swart

ANDRE SWART

Andre’ is die mede-aanbieder van die Rosestad Top 20 elke Vrydagaand om 20:00.

Hy saai ook uit elke tweede Vrydag (19:00 tot 23:00), Saterdag 19:00 tot 11:00 en Sondag 14:00 tot 18:00.

Andre Swart
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
Andre’ is ‘’n boerseun uit Bloemfontein met ‘n passie vir musiek. Radio Rosestad 100.6 FM is sy stokpedjie-werk sedert Nov 2013, toe hy as vryskutaanbieder begin uitsaai het. Ek is getroud met die mooiste vrou, Venanda, en ons het twee spruite, Vean en Shawne’. My grootste held van alle tye is ons Hemelse Vader, en die lekkerste en mooiste musiek om te luister is…. wel ja Afrikaanse musiek!

Stokperdjies? Ek het niks meer nodig as 100.6 FM nie! My rede vir uitsaai wissel tussen loutere genot en absolute pret! Dis heerlik om met luisteraars te kommunikeer, hul gunsteling sê-goed aan te hoor, die mooiste woorde in Afrikaans, en bowenal hul musiek keuse. Ek glo dat die lewe ons elk soveel uitdagings bied, en dat ons ‘n rukkie stil kan sit en iets by iemand leer. Benjamin Franklin sê “Vertel my – en ek vergeet. Wys my – en ek onthou. Maar hou my betrokke – dan leer ek”.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This