Andries Enslin: Tweede gemeente breek weg

Andries Enslin: Tweede gemeente breek weg

’n Tweede gemeente het van Andries Enslin se Lewensentrum-­groep weggebreek.

Paul Grobler, predikant van die Pretoria-­Lewensentrum, PLS, het Sondag in die kerkdiens gesê dat die gemeente sedert die begin van Mei onafhanklik is.

Grobler het beklemtoon die besluit is geneem na aanleiding van gebeure van die afgelope sewe maande by die Alberton-­Lewensentrum, ALS, en die manier waarop die leierskap daar ’n situasie hanteer het.

Grobler het by navraag aan Netwerk24 gesê hy wil nie uitwei oor die situasie waarna hy in die diens verwys het nie.

Enslin is verlede jaar vir drie maande met verpligte verlof gestuur.

Dié verlof het in Januarie tot ’n einde gekom.

Netwerk24 berig dat die PLS se besluit om weg te breek, verband hou met Enslin se verpligte verlof en beskuldigings van ‘n onbetaamlike verhouding tussen senior bestuurslede.

Die PLS se wegbreekaksie kom nadat die Vaaldriehoek Lewensentrum, die grootste dogtergemeente van die ALS, vroeër vanjaar besluit het om weg te breek.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Andries Enslin: Tweede gemeente breek weg"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This