Appèlhof herroep beslissing waarvolgens twee uitvoerende bestuurders van die NVG van die rol geskrap is

Appèlhof herroep beslissing waarvolgens twee uitvoerende bestuurders van die NVG van die rol geskrap is

Die Appèlhof het die beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria herroep, dat die Nasionale Vervolgingsgesag se Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi van die rol geskraap word as advokate.

Jiba is die nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging en Mrwebi die spesiale direkteur van openbare vervolging.

Hulle is met verpligte spesiale verlof nadat hulle die bedrog- en korrupsie-aanklagte teen die voormalige intelligensiehoof, Richard Mdluli, geskrap het.

Die Algemene Balieraad het in 2016 beslis dat Jiba en Mrwebi nie geskik is om hulle poste te vul nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This