Aussies dreig om Statebond-lede te deporteer

Aussies dreig om Statebond-lede te deporteer

Australië se Immigrasieminister, Peter Dutton, het gedreig om buitelandse atlete wat aan die Statebondspele deelgeneem het te deporteer as hulle langer in die land bly as wat hul visumvoorwaardes bepaal.

Die visums het om middernag verval.

ABC News berig dat ʼn regshulpgroep vir vlugtelinge sê ʼn aantal atlete het regsadvies ingewin terwyl ander bronne sê daar is reeds oorbruggingsvisums aan sommige van die deelnemers toegestaan, terwyl hul asielaansoeke verwerk word.

Ten minste negentien atlete, meestal van Afrika-lande, het ná die spele agtergebly.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé