BAINSVLEI GPF BESTE IN DIE VS

Rosestad 100.6 Bainsvlei GPF

Bainsvlei GPF is Vrydagaand in Bloemfontein aangewys as die beste Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Vrystaat.

Dié Prestige Toekennings van die Polisie, in samewerking met die LUR vir die Departement Polisie, Paaie en Vervoer, Butana Kompela, het ook in die Bainsvlei Polisiestasie op die Abrahamskraal-pad buite Bloemfontein Vrystaat aangewys as die stasie wat die meeste vordering getoon het.

Dit is ook word as die skoonste polisiestasie in die Vrystaat aangewys.

Die voorstter van die Bainsvlei GPF, Henk Smit, het aan Rosestad Nuus en Brandpunt gesê: “baie mense het hard gerwerk om hier te kom.”

“Dit het baie toewyding geverg,” het Smit gesê.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This