Bankrot SAL borg sokkerspan met miljoene

Bankrot SAL borg sokkerspan met miljoene

Die Vryheidsfront Plus sê dit is onaanvaarbaar dat die bankrot Suid-­Afrikaanse Lugdiens nou die land se nasionale sokkerspan met miljoene rande borg.

Die party se woordvoerder oor openbare ondernemings, Pieter Groenewald, sê in ‘n verklaring die SAL moet verduidelik presies wat die borgskap behels en waar die geld vandaan gaan kom.

Groenewald sê die stilswye daaroor is kommerwekkend en die party wil ook weet of die redery dalk as borg vir iemand anders optree.

Die lugdiens word vir afgelope jare reeds met miljarde rande se belastinggeld aan die lewe gehou.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This