“Bedrywighede by die myn sal opgeskort bly”

"Bedrywighede by die myn sal opgeskort bly"

Die bestuur van die Sibanye Beatrix-goudmyn by Theunissen in die Vrystaat
het bevestig dat werknemers vandag vir werk sal aanmeld, maar dat daar nie enige produksie sal wees nie.

Die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, het Vrydag gesê bedrywighede by die myn sal opgeskort bly totdat ‘n behoorlike ondersoek voltooi is.

Bykans 1 300 werkers is Woensdag ondergronds vasgekeer ná ‘n kragonderbreking wat deur ‘n hewige storm veroorsaak is.

Meer as 300 is na die oppervlak gebring, maar 955 kon eers Vrydag vroegoggend na veiligheid gebring word.

‘n Woordvoerder van die myn, James Wellsted, sê die bestuur sal die pad vorentoe met werkers bespreek.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé