Twee verdagtes is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n bekende inwoner van Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, die 78-jarige Sam van der Westhuizen.
Sy liggaam is Sondagaand deur bure op die vloer van sy slaapkamer gevind.
Hy het wonde aan sy kop en bolyf gehad.
Die polisie se kaptein Ursula Roelofse sê ‘n selfoon, geweer en huishoudelike toestelle is in die verdagtes se besit gevind.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.