“Beskerm VS se veld”

"Beskerm die VS se veld"

Terwyl brande steeds in die Suid-Kaap buite beheer woed en derduisende hektaar veld verwoes is, het Vrystaat Landbou die publiek en landbouers gevra die veld in dié provinsie te beskerm.

Henk Vermeulen, uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, sê die droogte is steeds vars in die landboubedryf se geheue, en landbouers en die totale bedryf gaan nog jare neem om van die effek daarvan te herstel.

Miljoene is gespandeer om Vrystaatse landbouers by te staan met droogtevoer.

Vermeulen sê dit is teen dié agtergrond wat Vrystaat Landbou ’n ernstige versoek aan nie net landbouers rig om tydige voorbereidings te tref nie, maar ook aan lede van die publiek om nie brande te laat ontstaan nie.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This