Betaling van maatskaplike toelaes kry die groen lig

Hof gaan uitspraak lewer oor Sassa-kwessie

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, of Sassa, sê hy is
gereed vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor om die verspreiding van toelaes oor te neem van die begin van aanstaande maand af.

Sassa se waarnemende uitvoerende hoofbestuurder, Pearl Bhengu, het vandag tydens ʼn mediavoorligting gesê hulle voer tans samesprekings met handelsbanke en het kontak gemaak met 27 ander instellings om te verseker dat die betalings sonder probleme oorgeneem word.

Bhengu sê nuwe Sassa-kaarte aal deur die poskantoor uitgereik word.

Die Poskantoor se Mark Barnes sê hulle is reg om hul plek vol te staan ten opsigte van die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This