Betogers van Open Stellenbosch het gisteraand ‘n gesprek oor die stand van universiteite in Suid-Afrika deur die rektor van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, en sy ampsgenoot van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, as deel van die Stellenbosse Woordfees ontwrig.
Die Burger berig dat die betogers aanvanklik net op die verhoog gaan sit het, maar toe met lede van die gehoor begin argumenteer toe hulle versoek het dat die gesprek moet voortgaan.
Hulle het oproerig geraak en beskuldigings van rassisme begin uitskree.