BEURTWATER IN BFN?

BEURTWATER IN BFN?

Onsekerheid heers oor of beurtwater in Bloemfontein ingestel gaan word.

Dit volg nadat die LUR vir die departement van polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, en die voorsitter van die provinsiale gesamentlike bedryfskomitee oor die droogte in die Vrystaat, gister aangekondig het dat beurtwater vir ál die Vrystaatse munisipaliteite ingestel gaan word.

Die Mangaung Metro-stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko, sê egter sy glo nie beurtwater gaan nou al vir die inwoners van die metro nodig is nie.

Netwerk 24 berig Komphela se aankondiging is glo omdat die Vrystaat nog net vir 24 dae water gaan hê as mense voortgaan om water te gebruik soos wat nou die geval is.

Volgens die Metrowoordvoerder, Qondile Khedama, is hulle nog nie in kennis gestel dat die metro se inwoners ook aan beurtwater onderwerp gaan word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This