BEURTWATER VIR VS INGESTEL

BEURTWATER VIR VS INGESTEL

Verwarring heers steeds oor die implementering van beurtwater in die Vrystaat nadat beide die LUR in die departement van polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, asook die voorsitter van ‘n provinsiale gesamentlike bedryfskomitee, weereens bevestig het dat beurtwater vir die provinsie ingestel word.

Komphela het bevestig dat beurtwater van aanstaande Dinsdag oor die hele provinsie sal geld.

Hy sê dit sluit die Mangaungmetro in, wat volgens hom hulle samewerking sal moet gee.

Mangaungmetro-woordvoerder, Qondile Khedama sê intussen daar was nog geen formele kommunikasie in dié verband met die metro nie.

Hy sê die metro kan net kommentaar lewer wanneer so ’n versoek die metro bereik het.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This