Beweerde moorddreigemente: Dosent in hof op 2 aanklagte

Beweerde moorddreigemente: Dosent in hof op 2 aanklagte

’n Pleitooreenkoms tussen ’n gewese dosent van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en die staat oor beweerde moorddreigemente teen twee vroue, het platgeval.

Die 31-­jarige Christiaan Oberholzer sal nou in die streekhof in Welkom teregstaan op twee aanklagte van sameswering tot moord.

Netwerk24 berig hy wou Dinsdag ’n pleitooreenkoms aangaan, maar sy regspan en die staat kon nie tot ’n vergelyk kom nie.

Oberholzer se span wou hê dat hy tot korrektiewe toesig gevonnis word, maar na verneem word, wil die staat hê hy moet minstens agt jaar tronk toe gaan.

Oberholzer was ’n dosent op die Welkom-­kampus van die SUT en wou luidens die klagstaat twee van sy vroulike kollegas laat vermoor.

Hy sou moontlik by sy werk dissiplinêr verhoor word en hy het na bewering geglo die vroue wou hom laat afdank.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Beweerde moorddreigemente: Dosent in hof op 2 aanklagte"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This