Bfn-motoriste gewaarsku oor diewe

Motoriste in Bloemfontein word gevra om te verseker dat hulle voertuie en besittings daarin veilig is by veral besige inkopiesentrums in die stad.

Die polisie se kolonel Thandi Mbambo sê veral Nelson Mandela-rylaan in die stad, Melville-rylaan in Brandwag, Paul Krugerrylaan in Universitas, Charlotte Maxeke-rylaan in die Bloemfonteinse middestad en die Showgate Inkopiesentrum word deur rowers geteiken waar waardevolle besittings in voertuie gelos word.

Mbambo sê diewe word veral gelok met skootrekenaars, tablete en handsakke wat in voertuie gelos word.

Sy het ook die publiek versoek om elektroniese toerusting se reeksnommers neer te skryf, in die geval van waar gesteelde goedere gevind word.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This